Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Huisgenoot by Media 24 Ltd - Available

Huisgenoot

Aug 24 2023
Magazine

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

’n Skatkis vol leersame inhoud vir laerskoolleerders! • Huisgenoot Junior: Leer en Speel! bied bykomende hulp met skooltake, lees-en leerwerk vir leerders in graad 4, 5 en 6

Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

EN TOE IS HY NET WEG • Die akteur Bradley Olivier is skielik van sy geliefdes weggeruk. Sy bedroefde lewensmaat vertel van die laaste oomblikke voor sy ineenstorting en eindelike dood

PA, JY MOET MAAR OPDOK • ’n Hof het beslis ’n geskeide pa moet nie net voortaan vir sy kinders se onderhoud betaal nie – hy moet ook vir jare se agterstallige onderhoud opdok

DIE MAN SE KANT

LIEFDE IN BESERINGSTYD • Hulle is saam deur diep waters – hy weens sy bedanking van sy program, sy weens ’n hartsiekte. Maar Toks en Carol van der Linde dra mekaar

BOETIE IS BYNA HIER! • Roeline Daneel se seuntjie word in Oktober gebore – en Ousus kies al vir hom speelgoed uit

EINDELIK HAAR BEURT • Sy het drie jaar gelede so amper-amper aan die kroon geraak, maar Natasha Joubert het deurgedruk en weer probeer. Nou’s sy Mej. Suid-Afrika

DIE BOKKE SE GEHEIME WAPEN • Só is die Springbokke se amptelike WB-lied gebore, vertel die sanger Mgarimbe

DIE BOHAAI OOR OZEMPIC • Bekendes gebruik deesdae ’n diabetesmiddel om die kilo’s af te skud – en nou woed omstredenheid daaroor. Wat is dit, en hoe werk dit?

BEGROTINGSLIM! Maaltye onder R100 • EIERS is voedsaam, veelsydig en ideaal vir SAKPAS smulkos! Van soetgebak tot heilsame gesinsetes – en dít alles vir onder R100! Ons gebruik ook VERSKEIE gaarmaakmetodes om te wys dat ’n dosyn eiers op die podium van elke KOMBUIS hoort

MAAK JOU NUUT • Ons het aan ses lesers ’n nuwe voorkoms gegee, elkeen met ’n eie unieke styl

LENTE! • Verfraai jou tuin met dié bykomstighede

EK EN MY FAMILIE SIT VAS OOR WAARDES • Ouers en kinders, of broers en susters, dink soms verskillend oor kwessies wat deel van hul oortuigings en waardestelsel uitmaak. Ons kyk na maniere om dit te hanteer

HOEKOM BLY DIT ’N ROU WOND?

BESKERM SO JUL VERHOUDING

VRA VIR IRMA

HOE WEET EK AANLYN LENINGS IS VEILIG?

Silwerskermflieks • Die 11de kykNET Silwerskermfees bied nuwe flieks en kortflieks en nou ook dokkies

‘Mermaid’ sing in regte lewe • Die liefde wat alles oorwin, om uit te hou en vasberade te bly en om in jouself te glo – dis die temas van dié nuwe musiek

HOEZIT, MY TJOMMA

LIEFDE OORWIN ALLES

Nuut op die rakke • Geniet ’n prikkelende roman wat op drie vastelande afspeel

’N UITTREKSEL UIT DEELFONTEIN

Plan B • Daar staan meer as net ’n deposito vir sonpanele tussen Liesl en die oulike man met die oulike seuntjie

TV-GIDS • Alle TV-inligting was korrek teen druktyd. By Huisgenoot maak ons seker die inligting is reg, maar TV-kanale bring dikwels veranderings aan nadat ons spertyd verstryk het.

huisgenotjies • Stuur gerus oorspronklike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).

JOU STERRE

RAAISELS

Hofsaak oor ‘onsterflike’ selle afgehandel

WIE WAS HENRIETTA LACKS?

ELDERS IN DIE WÊRELD

Eerste snaweloorplanting in...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans